Tiaan & Madelein
Jy word hartlik uitgenooi na ons troue
Bruidegom en Bruid
Die storie van T&M
13 Julie 2022 het ons mekaar ontmoet, net ‘n gewone aand en mekaar toe weer gegroet. Ons het niks in die lyn van liefde vermoed. Ons het tennis saam gaan speel en bietjie meer oor ons lewens begin deel. Net gesels hier en daar, maar ons maak nie ogies vir mekaar.
Na ‘n draf sessie of twee is die bal aan die rol. Gevoelens het begin ontwikkel en ons harte is vol. Die aap is uit die mou, ons begin al meer van mekaar hou.
Op 6 April het Tiaan vir Madelein uitgevra met letters op ‘n paar tennisballe toe sê sy “JA”. Van daar af is die koëel deur die kerk, ons konneksie is sterk. Ons weet saam met die Here sal hierdie verhouding werk.
Verloof op die stand, hy neem haar linkerhand. ’n Traan val op die sand waar hy my hand vashou ek wil hierdie oomblik altyd onthou. Met haar hand hier in my hand, kaalvoet in die sand kan ek in haar glinsterende oë sien waarvoor ek gewag het my hele lewe lank.
Die groot dag
Arriveer – 14:30, Seremonie begin – 15:00, Saterdag, 03 Januarie 2026
23 Barkly Street, College Hill, Kariega, 6229
FAQ
Wat moet ek dra?
Hier is ‘n paar voorstelle vir al ons pelle.
Kan my kinders die seremonie bywoon?
Julle kinders het ‘n spesiale plek in ons harte, ongelukkig gaan ons almal kan akkomodeer nie. Sien asseblief die name op jou uitnodiging vir meer duidelikheid.
Watter tyd moet ek arriveer?
14:30 en om 14:45 kan jy jou sitplekkie inneem.
Wat is die laaste dag wat ons kan RSVP?
15 Oktober 2025
Mag ek fotos neem tydens die seremonie?
Ons versoek julle om asseblief nie tydens die diens fotos te neem in die gangetjie nie.
Geskenkie
Vir ons is jou teenwoordigheid alklaar die beste geskenk, maar as jy in jou hart voel om ons te seën sal ‘n finansiele bydrae vir ons baie beteken – of voel vry om ons op jou eie spesiale manier te verras.
Bankbesonderhede: Madelein de Vries
Bank: Capitec
Banknommer: 1609 124 004